Te Plaas Wedding Venue
Your special wedding

`n Dag van perfeksie, opgewondenheid, genot, vreugde, hoop en die belangrikste van alles - LIEFDE...

Slegs 10km buite Upington op die Groblershoop pad, betree jy 'n totale ander wêreld wanneer jy by die plaashek van die werkende plaas inry.

Ons pragtige tuin, omring deur lieflike wingerde, skep die ideale agtergrond vir jou spesiale seremonie en die ouwêreldse geboue en opgenkapte plaas skuur is die perfekte agtergrond vir jou makietie.

Nader ons gerus vir spyseniering uit die boonste rakke, ook vir enige ander funksie.

Kom loer gerus in en laat die romantiese tuine en liefelike onthaalarea jou self vertel...Ons sien uit om jou te verwelkom met hartlike plaas gasvryheid.


Melissa van der Colff - 083 949 6795 - melissa@carpediemfarms.co.za

Malinda van der Colff - 082 826 2352

carpediemfarms.co.za
Trou Inspirasie